Monday 9 February 2015

KERRIE PERSKE NOEDEL SLAAI




KERRIE PERSKE NOEDEL SLAAI

Sous:
250ml mayonnaise
15ml kerriepoeier
125ml blatjang
4 eetlepels kondensmelk (of bietjie meer)
Meng al die bestanddele.
Sous kan vermeerder word. Jy kan ook bietjie van die perskesap bygooi as dit te dik lyk.
Slaai:
1 pak macaroni (500g)
250ml pitlose rosyne
blik (410g) perskeskywe (gedreineer en gekap)
1 blik (410g) pynappelstukke (gedreineer en 1x deurgesny)
1 uitjie (gekap)
½ soetrissie (ontpit en gekap)
bietjie sout en peper
1. Kook pasta met sout en kookolie. Nie te pap nie.
2. Meng alle bestanddele by macaroni as dit afgekoel is.
3. Roer sous by.
4. Maak die slaai die vorige dag – dit word al lekkerder hoe langer dit staan
Wenk: Voeg gevlokte hoender, tuna, gebraaide spek of vienaas in ringetjies gesny by vir ‘n variasie