Monday 9 February 2015

Biltong en Pitmielie Muffins



Biltong en Pitmielie Muffins
Maak 12 Muffins

330g Koekmeel
2 Teelepels Bakpoeier
3 Eetlepels fyn Biltong, of na smaak
Sout en Peper na smaak
120g Sprietuie, gekap
180g Harde Kaas (Cheddar of Gruyere) gerasper
5 Eetlepels Olyfolie
½ Koppie Melk
½ Koppie Jogurt
2 Groot Eiers
1 Eetlepel Pietersielie
1 Blikkie Pitmielies, gedreineer
Roomkaas & Tamatieversiering
1 Pakkie Gedroogte Tamaties in Olie, gedreineer
1 Koppie Roomkaas

-Verhit die oond tot 180°C.
-Plaas die Meel, Bakpoeier, Biltong, Sout & Peper in ‘n mengbak en roer.
-Voeg nou die gerasperde Kaas en gekapte Sprietuie by en roer deur.
-Klits die Melk, Jogurt, Olyfolie & Eiers saam in ‘n klein mengbak tot glad. Roer die Pitmielies by en voeg die mengsel by die meelmengsel. Roer tot egalig en glad. Moenie die beslag te veel meng nie.
-Skep die beslag in ‘n gesmeerde Muffinpan en bak vir 25 – 30 minute.
-Verwyder uit die oond en laat vir 10 minute afkoel.
-Plaas die bestanddele vir die Roomkaasversiering in ‘n voedselverwerker en meng tot ietwat van ‘n growwe tekstuur. Skep klein hoeveelhede van die mengsel op elke muffin en bedien.