Monday 9 February 2015

Vrugteslaai met Speserystroop




Vrugteslaai met Speserystroop


 1 Koppie Water
80ml Suiker, of meer vir ‘n soeter stroop
1 Vaniljepeul, sade verwyder
6 Kardamompeule, gekneus
4 Naeltjies
1 Kaneelstokkie
3 Repe Lemoenskil
Vir die slaai:
Enige kombinasie van vars vrugte

-Plaas al die bestandele vir die stroop in ‘n klein potjie en bring tot kookpunt, verlaag die hitte tot ‘n prut vir 10 minute. Verwyder die potjie van die hitte en laat afkoel.
-Plaas die gesnyde vrugte op ‘n groot bord en skep van die stroop bo-oor en bedien.