Monday 26 January 2015

VIER-UUR FLOUVAL STAFIES





VIER-UUR FLOUVAL STAFIES

JY BENODIG
KORS:
250g “digestive” koekies, gekrummel
100g gesmelte botter
BOLAAG:
30G botter
2 eetlepels grondboontjiebotter
½ koppie heuning
2 koppies graanflokkies
1 koppie hawermout
½ koppie klapper
3 gedroogde vye, gekap
¼ koppie ongesoute grondboontjies, gekap
METODE
Meng gekrummelde koekies met gesmelte botter. Voer bodem van medium reghoekige pan met waspapier uit. Druk krummels vas op bodem. Verhit botter, grondboontjiebotter en heuning in kastrol. Roer totdat botter gesmelt is. Verwyder van hitte en roer res van bestanddele by. Skep op bolaag en druk vas. Plaas in yskas tot ferm. Sny in stafies.