Dis nie nodig vir duur geskenke op Valentynsdag om te wys hoe jy voel nie. Bederf jou man heeldag lank met klein lekkernye om hom te wys hoe spesiaal hy is. ‘n Goeie begin
Dek die ontbyttafel mooi op Valentynsdag en doen net ‘n klein bietjie ekstra moeite met die kos. Die detail is wat belangrik is.
50 g klaarbereide broskorsdeeg
Repies spek
Ui, gekap
Pikantrissies, fyn gekap
Houer (125 g) roomkaas
Eiers
25 ml melk
Sout en peper na smaak Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ‘n quichepannetjie van 18 cm met die broskorsdeeg uit. Vul met bakpapier en rys of droë bone en bak blind vir 10 minute. Braai intussen die spek en ui in ‘n pan tot gaar. Voeg die pikantrissies by, roer deur en verwyder van die hitte. Skep in die half-gaar tertkors. Klits die roomkaas, eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet versigtig bo-oor. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Bak vir ongeveer 30 minute tot ferm en goudbruin. Genoeg vir vier mense (groot porsies). Plaatkoekies
Sif 250 ml bruismeel en 30 ml strooisuiker saam en maak ‘n holte in die middel. Klits 2 eiers en 185 ml melk saam. Giet in die holte van die droë bestanddele en klits tot ‘n gladde beslag vorm. Laat staan vir minstens 20 minute en braai dan eetlepelsvol in ‘n geoliede pan. Inpakkos
Los ‘n klein houer vol van sy gunsteling-eetgoed ná ontbyt op sy bakkie se sitplek. Sit iets om te drink en ‘n servet ook by.
Verroom 125 g botter en 200 ml strooisuiker goed. Voeg 5 ml vanieljegeursel en 1 eier by en klits goed. Voeg 450 ml gesifte koekmeelblom, 250 ml sjokoladesplinters, 60 ml mielieblom, 10 ml bakpoeier en ‘n knippie sout by. Draai toe in waspapier en verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk of sny soveel as moontlik groot harte uit. Pak op die bakplate en bak vir ongeveer 15 minute tot liggoudbruin. Lewer ongeveer agt groot harte. Variasie: Voeg neute in plaas van sjokoladesplinters by die deeg en druk dan groter stukkies sjokolade op die koekies vas voor jy dit bak. Perskekoek
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n losboom-koekpan van 24 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verwerk 3 eiers, 125 ml melk, 330 ml strooisuiker, 500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 125 ml gemaalde amandels en 5 ml vanieljegeursel in ‘n voedselverwerker tot ‘n tot ‘n beslag vorm. Skep die beslag in die voorbereide pan. Was 4-6 lospitperskes (as jy Albertas gebruik, skil dit ook) en sny in dun skyfies. Pak die perskeskywe bo-op die beslag en druk dit effens in die beslag met jou vingers. Bak vir 40 minute tot gaar. Sit louwarm of koud voor met geklopte room. Lewer een middelslagkoek. Skemerkelkie
Verras hom met ‘n soutigheidjie, goeie kaas, ‘n koue bier of ‘n lekker glas wyn as hy by die huis kom.
Die ideale aandete om ‘n man mee te beïndruk verg nie ure voor die stoof nie – net ‘n vinnige draai in die braaipan. Filet met geroosterde soetrissies
300 g filet, teen kamertemperatuur (in skywe van 5 cm dik gesny)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
15 ml olyfolie
15 ml botter
45 ml balsamiese asyn
15 ml sojasous
15 ml heuning Geroosterde soetrissies
1 elk rooi en geel soetrissies, onpit en in repe gesny
30 ml olyfolie
Kruiesout en vars gemaalde swartpeper na smaak
‘n Skyfie suurlemoen Maak eerste die soetrissies. Sit die soetrissierepies in ‘n mengbak en sprinkel die olie, kruiesout en peper oor. Meng goed deur met jou hande sodat al die repies met die gegeurde olie bedek is. Verhit die oond se roosterelement en voer ‘n bakplaat met foelie uit. Versprei die soetrissierepies egalig op die bakplaat en oondrooster tot sag en die punte net begin verkleur. Verwyder uit die oond en druk ‘n skyfie suurlemoen daaroor uit. Hou eenkant. Terwyl die soetrissies rooster, vryf die vleis goed in met sout en peper. Verhit die olyfolie en botter saam in ‘n braaipan tot warm. Braai die filet vinnig in die warm pan tot goed bruin aan albei kante, verlaag die hitte en braai stadiger tot gaar na jou smaak. Laat rus vir 2-3 minute, skep die pansouse oor en sit voor met die geroosterde soetrissies, aartappel en slaai. Genoeg vir een. Filet met romerige sampioensous
Sny ‘n beesfilet van 500 g in skywe van 5 cm dik. Geur met sout en peper. Verhit 30 ml elk botter en olyfolie in ‘n pan tot baie warm. Braai die filetskywe daarin tot gaar na smaak. Vir die sampioensous: Braai 250 g gesnipperde sampioene in dieselfde pan waarin die vleis gebraai is tot gaar. Sprinkel 10 ml koekmeel oor en roer tot die mengsel borrel. Voeg 60 ml sjerrie by en verhit tot kookpunt. Voeg 125 ml room by en prut tot effens verdik. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Genoeg vir twee mense. Lekker souse vir steak
(landbou)