Monday 26 January 2015

Sitroengras en appelkoos kerrie




Bestanddele:
1 Groot Ui, grofgekap
4 Stingels Sitroengras, in die lengte deur gesny
3 Knoffelhuisies, geskil en fyngekap
Duimgroote Vars Gemmer, geskil en fyngerasper...
Vars Groenrissie na smaak
1 Teelepel Koemynsade
3 Eetlepels Olyfolie of Klapperolie
1 Blikkie Klappermelk of Klapperroom
1 Blikkie gekapte Tamaties
1 Heel Hoender (omtrent 1.8kg) in porsies gesny
6 Vars Appelkose, ryp en verm, gehalveer
2 Eetlepels Soyasous
1 Teelepel Oosterse Vissous
‘n Paar druppels Sesamolie
Sap van 1 Suurlemoen
Vars Koljanderblare, gewas en grofgekap
Rys of Noedels vir opdiening
Metode:
Begin deur die eerste 5 bestanddele in ’n voedselverwerker te bewerk tot ‘n growwe tekstuur.
Verhit ’n pot of diep pan oor hoë hitte en voeg Koemynsade by. Laat vir ‘n paar minute lank skroei en voeg dan die Olyfolie of Klapperolie by.
Plaas die Hoenderstukke in die pot en verbruin aan albei kante, verwyder uit die pot en hou eenkant terwyl jy die Kerriemengsel gaar maak.
Skep’n paar Eetlepels van die Kerriemengsel in die pot met die Olie en roer. Verlaag nou die temperatuur en roer die Kerriemengsel vir ‘n minuut of twee terwyl dit gaar word.
Plaas die Hoenderstukke terug in die pot tesame met die geblikte Tamaties & Klappermelk, verhoog die temperatuur sodat die mengsel kan afkook en effens verdik.
Bedek die pan met ‘n deksel. Laat die pan vir sowat 20 minute prut, verwyder die deksel en plaas die res van die bestanddele in die pot en laat vir ’n verdere 5 – 10 minute prut.
Skep oor die rys of noedels en sprinkel die Koljanderblare bo-oor.