Monday 26 January 2015

Eenvoudige Vrugtetertjies



Bestanddele (Maak 20 tertjies) :
350gr. Botter, baie koud en in blokkies gesny
75gr. Yswater
450gr. Koekmeel
Sout na smaak...
12 gr. Strooisuiker
Vulsel:
8 – 10 Perskes en of Appelkose, in wiggies gesny
Bloubessies of Frambose na smaak
120gr. Strooisuiker
25gr. Mielieblom
30gr. Bruinsuiker

Metode :
Hier is ‘n vinnige manier om die brosdeeg te maak: Plaas die meel, strooisuiker en sout in ‘n voedselverwerker, terwyl die motor hardloop voeg die botter gelydelik by totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Wees versigtig dat die motor nie te lank hardloop nie want dan sal die botter begin warm word.
Voeg nou gelydelik die yswater by en maak weereens seker dat die deegmengsel nie warm word nie. Na ‘n paar sekondes sal die mengsel begin bind tot een soliede massa. Stop die voedselverwerker en verwyder die deeg, verdeel in twee en rol die deeg in twee silindervorms, bedek met kleefplastiek en verkoel vir ‘n paar ure of oornag.
Sodra die deeg afgekoel het kan jy die kleefplastiek verwyder en die deeg in 10 gelyke dele sny. Doen dieselfde met die ander stuk deeg.
Rol elke deel uit in sirkels van sowat 3-4mm dik en 13 sentimeter groot.
Plaas die deegsirkels op ‘n bakplaat met bakpapier, verkoel terwyl jy die vrugte voorberei.
Plaas al die vrugte in ‘n mengbak.
Meng die strooisuiker en mielieblom tesame en voeg dan by die vrugte, meng versigtig deur.
Verwyder die deegsirkels uit die yskas uit en plaas ‘n eetlepel of twee in die middel van elke sirkel.
Verf ‘n klein bietjie water om die buitekant van elke sirkel en vou dit versigtig oor die vulsel.
Verf die kante van die tertjies met nog water en sprinkel die bruinsuiker oor.
Plaas die tertjies in die yskas vir 20 minute terwyl jy die oond verhit tot 200˚C.
Sodra die oond warm is plaas die tertjies in die oond en bak vir 25 minute of tot die deeg gaar is en ‘n goudbruin kleur het.
Verwyder van die bakplaat en laat effens afkoel voor jy dit bedien.