Monday 26 January 2015

Roosmaryn & Druiwe Brood




Roosmaryn & Druiwe Brood


Lewer 1 brood
2 Teelepels Kitsgis
180ml. Water
1 Teelepel Strooisuiker
120ml. Olyfolie
2 Eetlepels vars Roosmaryn, gekap
500gr. Swart Druiwe, pitloos
400gr. Witbroodmeel
Sout

- In ‘n klein bakkie, meng die water, Strooisuiker en Kitsgis saam en laat staan vir ‘n paar minute tot dit begin skuim.
-Verhit die Olyfolie, voeg die gekapte Roosmaryn by die warm olie. Sit die hitte af en laat die olie afkoel.
-Was die Druiwe baie goed in skoon water en verwyder enige stingels. Gooi op ‘n kombuislappie tot benodig.
-Plaas nou die Broodmeel en sout in ‘n groot mengbak, voeg die Olyfolie en watermengsel by tesame met meeste van die Druiwe. Hou ‘n paar korrels oor vir later. Roer die mengsel tot all die meel geabsorbeer is. Gebruik nou jou hande en meng die deeg goed, probber om al die druiwekorrels te bars. Dit sal veroorsaak dat jou deeg nat en taai word. Knie die deeg totdat dit glad word en minder taai is. Bedek nou die bak met ‘n nat lappie sodat dit vir 2 ure kan rys of totdat dit verdubbel het in volume.
-Sprinkel meel oor jou werksoppervlak en gooi die deeg uit op die werksoppervlak. Knie die deeg liggies vir ‘n paar keer en begin dan om die deeg in ‘n bal te vorm. Druk nou die ekstra druiwekorrels in die brood in, verf met ‘n bietjie van die olie en besprinkel met van die Strooisuiker. Plaas die deeg op ‘n bakplaat met bakpapier, bedek en laat die brood rys vir sowat 40 minute.
-Verhit die oond tot 240’C. Sodra die brood uitgerys het, sny die brood twee keer bo-oor met ‘n skerp mes en plaas in die oond. Bak vir 10 minute, verlaag die temperatuur tot 180’C en bak vir ‘n verdere 50 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.