Monday 26 January 2015

Lamsboud met Middel Oosterse Speserye




Lamsboud met Middel Oosterse Speserye

1 Lamsboud, ontbeen en oopgevlek
1 Knol Knoffel, opgebreek, geskil en gehalveer in die lengte
2 Teelepels gemaalde Komynsade
½ Teelepel fyn Kaneel
1 Teelepel gemaalde Koljandersade
1 Eetlepel Sout
3 Eetlepels Harissa Paste of smeer
Sap van 2 Suurlemoene
2 Eetlepels Olyfolie

-Gebruik ‘n skerp mes en maak gate in die boud sodat jy dit kan stop met die knoffel.
-Sprinkel nou die speserye en sout oor die boud. Gooi die Suurlemoensap oor and smeer dan die Harissa Paste ook oor. Gebruik nou jou hande en verk die marinade oor alby kante van die vleis. Bedek en laat vir ‘n paar ure of oornag in die yskas rus.
-Bring terug na kamertemperatuur voordat jy die boud gaarmaak. Braai oor medium kole tot dit gaar is na jou smaak. Laat die gebraaide Lam rus vir sowat 10 minute voordat jy dit sny.
-Bedien met gebraaide groente en Raita (Jogurt dip)