Monday 26 January 2015

Pynappel en Klapperkoek met Grenadella Sous




Pynappel en Klapperkoek met Grenadella Sous

Lewer 1 Koek
1 Medium Pynappel, geskil en in blokkies gesny
250ml Water
2 Eetlepels Suiker
1 Vaniljepeul, sade uitgeskraap
187gr. Strooisuiker
187gr. Koekmeel
3 Teelepels Bakpoeier
75gr. fyn Klapper
5 Eiers
260gr. Botter, gesmelt
2 Koppies vars Melk
1 Teelepel Vanijegeursel
3 Grenadellas, oopgesny en binnekant verwyder

-Plaas die Pynappel, Water en Suiker in ‘n klein potjie saam met die Vaniljepeul en Vaniljesade. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte tot ‘n prut. Kook tot die Pynappel sag is en die sous ietwat afgekook het. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
-Plaas die Botter in ‘n klein potjie en smelt stadig oor lae hitte, verwyder van die hitte.
- Gooi die Koekmeel, Bakpoeier, Klapper en Strooisuiker in ‘n mengbak en roer liggies.
-Meng die Eiers, Vaniljegeursel, Melk en gesmelte Botter saam in’n mengbak en gooi by die droe bestandele, roer goed tot glad.
-Skep ¾ van die Pynappelmengsel by die deeg, probeer so min van die stroop moontlik op te skep. Roer die beslag deur tot gemeng.
-Gooi die beslag in a gesmeerde koekpan en bak in ‘n voorverhitte oond van 160’C vir 1 uur & 10 minute of tot gaar.
-Verwyder uit die oond en skep die res van die Pynappelmengsel saam met die stroop oor die koek.
-Laat die koek heeltemal afkoel voor bediening.