Thursday 22 January 2015

Rissoles




Rissoles
Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
60 ml olie
1 klein ui, fyngekap
5 snye brood, in blokkies gesny
80 ml melk
500 g beesmaalvleis
1 eier, liggies geklits
30 ml tamatiepasta
250 ml vars broodkrummels
METODE
  1. Verhit 15 ml olie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die uie vir 4 minute en roer tot dit sag is.
  2. Week intussen die broodblokkies in die melk.
  3. Meng die maalvleis, eier en tamatiepasta in ’n bak. Meng die uie en geweekte brood by.
  4. Vorm 8 plat koekies (rissoles) uit die mengsel en bedek met vars broodkrummels. Verhit die res van die olie in ’n pan oor matig lae hitte en maak die rissoles 10 minute lank gaar, tot bruin aan elke kant.
  5. Sit voor met klein aartappeltjies en tamatiesalsa