Thursday 22 January 2015

Heerlike perskeskuim nagereg




Heerlike perskeskuim nagereg
Genoeg vir 6-8
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE
2 x 410 g ingemaakte perskeskywe in stroop
500 ml vars room
300 g meringues, fyngemaak
vars kruisement, om op te dien
METODE
  1. Haal die perskes uit die stroop en plaas in ’n menger. Maak fyn tot glad en hou eenkant. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot benodig.
  2. Klop die room tot sagtepuntstadium. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot benodig.
  3. Maak die nagereg klaar net voor opdiening. Vou die perskepuree liggies by die geklopte room in. Moenie te veel meng nie – ’n warrelende marmereffek moet geskep word.
  4. Voeg die fyngemaakte meringue by en vou liggies by die roommengsel in.
  5. Skep in glase en sprinkel kruisement oor voor opdiening.