Monday 26 January 2015

Lemoen, vinkel en sultana brood

 

 
Bestanddele (Lewer 1 brood) :
500gr. Broodmeel
350gr. Lou warm Water
1 Eetlepel Kitsgis
1 Koppie Sultanas...
1 Eetlepel Vinkelsade, gerooster en fyngemaal
1 Teelepel Koemynsade, gerooster en fyngemaal
Fyngerasperde skil van 1 Lemoen
Groot knippie Saffraan in 2 Eetlepels Water geweek

Metode:
Meng die water en die Kitsgis in ‘n klein bakkie tot glad.
Gooi die meel in ‘n groot mengbak tesame met die gemaalde kruie, sultanas lemoenskil en sout, roer deur.
Voeg die water en Safraanmengsel by die meel en roer tot glad en al die meel geabsorbeer is, bedek en laat vir 20 minute rus.
Na 20 minutes roer die deeg versigtig deur, herhaal die proses elke 30 minute vir die volgende 3 ure.
Jy sal nou sien dat die deeg mooi glad is en ‘n hele paar lugblase gevorm het.
Bestrooi jou werksoppervlak met meel en gooi die deeg uit op die oppervlak.
Knie of rek die deeg versigtig sodat jy nie van al die lugblasies ontslae raak nie.
Begin om die deeg in ‘n bal te vorm, plaas op ‘n voorbereide bakplaat, bedek en laat vir 1 tot 2 ure lank rys (27˚C is perfek).
Tydens die laaste 30 minute van rys kan jy solank die oond begin warm maak.
Plaas ‘n bak met warm water heel onder in die oond en verhit die oond tot 240˚C.
Sodra die oond warm is, sny die bokant van die brood twee keer met ‘n skerp mes en plaas die brood in die oond.
Bak vir 10 minute, verlaag die temperatuur tot 180˚C en bak vir ‘n verdere 50 minute tot goudbruin.
Verwyder uit die oond en plaas op ‘n afkoelrak tot die brood kamertemperatuur beryk het.