Monday 26 January 2015

Ontbytkoek




Ontbytkoek
2 ½ Koppies Meel
1 ½ Teelepel Bakpoeier
½ Teelepel Koeksoda
Sout
Skil van 3 Lemoene, fyngerasper
Skil van 1 Suurlemoen, fyngerasper
¾ Koppie Melk
250gr. Botter

300gr. Strooisuiker
1 Teelepel Vanieljegeursel
5 Eiers

-Plaas die Meel, Koeksoda, Bakpoeier en Sout in ‘n mengbak en roer.
-Voeg die Lemoen- en Suurlemoenskil by.
-Meng die Suurlemoen- en Lemoensap saam en sit eenkant tot benidig.
-In ‘n menger verroom die Botter en Suiker tot li gen romerig. Voeg die Vanieljegeursel by.
-Voeg een Eier op ‘n slag by en meng goed voor die volgende by gevoeg word.
-Voeg nou jou Meel en Melk beurtelings by.
-Laastens kan jy die vrugtesap by roer, maak seker die beslag is glad. Dit mag lyk of die mengsel skei, moenie bekommer nie.
-Gooi die beslag in ‘n reghoekige oondbak wat jy met Botter uitgesmeer het.
-Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180’C for sowat 45 minute of tot gaar en goudbruin.