Monday 26 January 2015

Jogurt Panna Cotta





Jogurt Panna Cotta Maak 4

3 Koppies Jogurt, ongegeur
1 Koppie Vars Room
3 Eetlepels Strooisuiker
1 Teelepel Vanieljegeursel
7gr. Gelatienpoeier, opgelos in 2 Eetlepels Water
1 Koppie gestoofde Vrugte of Konfyt

-Plaas die jogurt in a groot mengbak tesame met die Vanieljegeursel.
-In ‘n klein potjie maak die Room warm en voeg dan die Strooisuiker & Gelatien by. Roer goed tot opgelos.
-Gooi nou die room mengsel by die Jogurt en meng goed deur.
-Verdeel die Konfyt of gestoofde Vrugte tussen die 4 koppies. Skep nou die Jogurt bo-op maar maak seker dat die twee lae nie meng nie.
-Verkoel vir ‘n paar uur of oornag.
-Net voor opdiening skep Muesli en vars Vrugte bo-op die Panna Cotta en bedien.