Monday 26 January 2015

Kruie Plaatkoekies




Kruie Plaatkoekies Maak omtrent 10

1 Bondel Sprietuie, gekap
1 Rooirissie, fyngekap
1 Blik Pitmielies, gedreineer
Olyfolie
1 Koppie Witmeel
1 Teelepel Bakpoeier
1 Eier, geklits
Vars Koljanderblare na smaak, gekap
Vars Pietersielie na smaak, gekap
Sout & Peper na smaak

-Begin om die Sprietuie te braai in ‘n klein bietjie van die Olyfolie tot sag, verwyder van die hitte om af te koel.
-Plaas die Meel & Bakpoeier in a mengbak.
-Meng die Melk en Eier saam in ‘n klein mengbakkie.
-Roer nou die droe- en natbestandele goed saam tot ‘n gladde deeg gevorm het.
-Roer nou die Uie by die mengsel gevolg deur die Pitmi elies.
-Laastens kan jy die vars Kruie bymeng asook die Sout & Peper.
-Verhit n kleefvrye Pan met ‘n bietjie Olyfolie. Sodra dit warm is skep dan sowat ‘n Eetlepel vol van die beslag in die pan. Braai totdat dit onderkant mooi goudbruin is, draai versigtig om en kook to gaar. Verwyder die plaatkoekies uit die pan uit en plaas op Kombuispapier om van die olie te dreineer. Bedien warm.