Thursday 11 December 2014

Halfmaan Konfyt Hand Tertjies





Halfmaan Konfyt Hand Tertjies
Bestanddele:
1 pakkie 500 g bruismeel
250 g koue botter gerasper...
2 x 125 ml houertjies room
1 kop fyn konfyt van jou keuse
1 e maizena
1 groot eier

1 e melk
mespunt sout
Metode:
Voorverhit oond 200 °C. Sif bruismeel en sout 2 keer. Gooi nou die gerasperde botter by en met vingerpunte vryf dit goed deur. Gooi room geleidelik tot deeg bol vorm, trek toe met plastiek en sit in yskas vir 20 min. Intussen meng die maizena goed met jou konfyt (help dat konfyt nie uitkook nie). Deel jou deeg in 3 dele. Begin met eerste bal en op koekmeel oppervlak rol dun uit. Druk sirkels met koekie drukker. Herhaal tot al jou deeg bolle klaar is. Skep teelepels vol konfytmengsel in die middel van die sirkels. Maak die randjies van sirkels klam met bietjie water op jou vingerpunt. Vou die sirkels toe dat dit soos 'n halfmaan lyk en seel met 'n vurk al om die randjies. Rangskik tertjies 'n gesmeerde bakplaat. Prik elke tertjie 'n gaatjie of twee met tandestokkie in die middel. Klits eier en eetlepel saam, en smeer tertjies daarmee. Bak 10 min op middel oondrak. Laat tertjies afkoel op die bakplaat voor jy met eierspaan versigtig die tertjies aflig.