Tuesday 28 October 2014

Spinasie-cannelloni




ONGELOOFLIKE LEKKER SPINASIE DIS!
Spinasie-cannelloni
Genoeg vir vier porsies. ...
Jy kan die souse vooraf maak om tyd te bespaar.

250 g (’n boksie) cannelloni-buise
500 g vars spinasie, afgespoel, gestoom en gekap
30 ml (2 e) olyfolie
500 ml (2 koppies) tuisgemaakte arrabiata-sous (sien resep hieronder)
500 ml (2 koppies) witsous (sien resep hieronder)
250 ml (1 koppie) varsgemaakte broodkrummels
Vir die arrabiata-sous:
Olyfolie (vir braai)
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, afgeskil en gekap
1 vars rissie, gekap, of 15 ml (1 e) gedroogde rissievlokkies
5 groot tamaties, gekap
410 g (blikkie) heel tamaties
15 ml (1 e) bruinsuiker
Sout en swartpeper vir smaak
15 ml (1 e) origanum
500 ml (2 koppies) water
60 ml (’n kwartkoppie) vars gekapte pietersielie
Vir die witsous:
60 ml (’n kwartkoppie) margarine (die resep stel Wooden Spoon voor)
45 ml (3 e) mielieblom (Maizena)
500 ml (2 koppies) sojamelk
30 ml (2 e) nutritional yeast (opsioneel)
2-3 groot lourierblare
5 ml (1 t) knoffel- of uiesout
Swart peper na smaak
Maak só vir die spinasie-cannelloni:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Gebruik ’n teelepel om die cannelloni-buise met die gekapte spinasie te vul. Wees versigtig – dié pastabuise kan maklik breek.
3. Drup die helfte van die olyfolie in ’n oondvaste bak (mediumgrootte) en skep die helfte van die arrabiata-sous in die bak. Bedek die bodem. Pak die gevulde cannelloni-buise bo-op en skep die res van die sous oor.
4. Skep die witsous bo-oor en maak seker jy bedek die pastabuise.
5. Rond af met broodkrummels en die res van die olyfolie.
6. Bedek die bak met ’n deksel of foelie en bak vir 25 minute. Haal die deksel of foelie af en bak vir nog 20 minute.
Maak só vir die arrabiata-sous:
1. Verhit olie in ’n kastrol (mediumgrootte) en braai die ui, knoffel en vars rissie tot sag.
2. Voeg by die blikkie tamatie, suiker, sout, peper en origanum (en die gedroogte rissievlokkies, as jy dit gebruik). Bedek en kook vir 10 minute. Die tamaties moet sag wees.
3. Voeg die water by en roer deur. Prut die mengsel vir 30 minute en roer af en toe.
4. Meng die sous tot glad met ’n handmenger. Voeg die pietersielie by.
Maak só vir die witsous:
1. Smelt die margarine in ’n kastrol oor mediumhitte. Voeg die mielieblom by en klitsaanhoudend.
2. Sodra die mengsel verdik, voeg die melk by terwyl jy dit klits.
3. Voeg die gis, lourierblare, sout en peper by en roer.
4. Laat die mengsel toe om vir 2 tot 3 minute te kook. Verwyder van hitte.
5. Verwyder die lourierblare voor gebruik.
* Dié resep van Melissa Bushby is in haar tweede boek, Fresh from the Vegetarian Kitchen, gepubliseer.