Tuesday 28 October 2014

Sitrushoender




Sitrushoender

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min....
Gaarmaak: 1 uur


4-6 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
6 knoffelhuisies, gekneus
1 suurlemoen, in skyfies gesny
1 lemoen, in skyfies gesny
’n paar takkies vars tiemie
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoender met die sout en peper.
Pak die hoender, knoffel, suurlemoen en lemoenskyfies in ’n oondbak.
Druk die tiemie tussenin en giet die hoenderaftreksel oor.
Bedek met foelie en bak 30 min. in die oond.
Haal die foelie af, verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak nog 30 min.
Sit voor saam met slaai of kapokaartappel.