Thursday 23 October 2014

Sjokolade Fondant ala die turbine kok




Sjokolade Fondant ala die turbine kok

 

 
Gebruik gemengde bessies en room by dit om die smaak te versterk

Bestanddele
250g sjokolade
250g botter
250g wit suiker
4 eiers
4 eetlepels koekmeelblom

Metode
Smelt die botter, suiker en sjokolade saam in die mikrogolf.
Klits die eiers.
Voeg die eiers en meelblom by die mengsel.
Meng alles goed en gooi in 'n pan.
Plaas die pan in n groter pan en omring met water.
Stel die oond op 160° grade.
Bak vir 1 tot 1½ uur.
Sodra die sjokolade stol, haal uit.
Laat dit afkoel en set.
Keer die pan om en geniet.