Thursday 23 October 2014

Arbeikaaskoek




So maak mens! (Arbeikaaskoek)

 

 

Bestanddele
Kors
1 pak Tennis/Marie/Gemmerkoekies
125g gesmelte botter/margarien
Vulsel
1 koppie room
1 koppie gladde maaskaas
175ml arbei joghurt
30ml strooisuiker
1 pakkie arbei kitspoeding
25ml gelatien (smelt in water in mikrogolf)
¼ koppie water
800g arbeie
Sous
aarbeie
port
suiker

Metode
Kors
Plaas koekies en botter in menger.
Sodra dit fyn gemaal is, pak dit as kors in 'n groot tertbak.
Vulsel
Meng al die bestanddele van die vulsel, behalwe die aarbeie, goed saam.
Plaas dit in die kors in die tertbak.
Plaas tert vir 3 ure in yskas.
Haal uit.
Sny 'n paar van die aarbeie in helfte plaas bo-op tert.
Sous
Sny die orige aarbeie fyn en plaas in 'n kastrol saam met port en suiker. (Gebruik jou eie mates)
Kook sonder deksel totdat dit 'n reduksie vorm.
Giet oor die tert.