Wednesday 17 September 2014

Tuisgemaakte appelliefie-konfyt




Tuisgemaakte appelliefie-konfyt
(sowat 2 x 500 ml flesse konfyt)
◾800 g appelliefies
◾800 g (1 000 ml) suiker
◾200 ml water
Plaas al die bestanddele in ‘n groot dikboom-kastrol. Bring stadig tot kookpunt terwyl jy die heeltyd roer. Die suiker moet gesmelt wees voor die stroop begin kook. Was so elke nou en dan die suiker aan binnekant van die kastrol af met ‘n kwassie, wat jy eers in water doop. Wanneer die suiker opgelos het en die stroop begin kook, laat vir ongeveer 30 – 40 minute kook. Toets ná so 30 minute die konfyt: Skep ‘n bietjie warm stroop in ‘n bordjie wat in die yskas verkoel is. Trek dan ‘n streep met jou vinger deur die stroop en as die paadjie oop bly, is jou konfyt reg. Gooi konfyt in gesteriliseerde flesse.