Wednesday 17 September 2014

Moerbeikonfyt




Moerbeikonfyt
By fynkonfyt, gekook van bessiesoorte, mag daar ‘n klein hoeveelheid heel bessies voorkom, maar die meeste moet stukkend gekook wees.
Meet die massa van die bessies. Kook klein hoeveelhede op ‘n slag, ongeveer 2kg. Omdat die stroop in moerbeikonfyt geneig is om loperig te bly, gebruik 1kg suiker op 1 kg bessies.
...
Spoel die bessies skoon, gebruik ‘n vlekvrye staal of emalje swaarboomkastrol, en laat die moerbeie oornag, met suiker in lae oor die vrugte gestrooi, staan.
Kook die volgende oggend vir 10 minute, voeg 20 ml suurlemoensap en 5 ml wynsteensuur by. Laat afkoel en kook vir ‘n verdere, ongeveer 15-20, minute totdat die konfyt gereed en die stroop dik genoeg is.
**** Ek hou nie die bessies in die konfyt heel nie. Die moerbeie kook nie stukkend in die swaar stroopoplossing nie. Ek gebruik ‘n polser? “zirrer” n maak die bessies fyn na die eerste kook. Die heel bessies is vir my te yl in die stroop.
Bottel dadelik. Koop die mooiste klein botteltjies by Consol op Stellenbosch. Lekker geskenkies en mooi op die tafel.
(kook en kuier in die karoo)