Wednesday 17 September 2014

Baksakkie-vleis




Baksakkie-vleis
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2½ uur

1,3 kg heel borsstuk of ontbeende dikrib (gerol), skof of bolo
15 ml (1 e) Franse mosterd of heelkorrelmosterd
1 pakkie (60 g) sampioenroomsoppoeier
10 piekeluie
2 selderystingels, in stukke gesny
1 suurlemoen, geskil en in stukke gesny
Voorverhit die oond tot 160 °C.
  1. Smeer die vleis met die mosterd, strooi die sampioensoppoeier oor en plaas dit in ’n baksakkie. Bind die sakkie lossies toe en prik ’n paar gaatjies.
  2. Plaas die baksakkie in ’n oondpan en bak 45 minute vir elke 500 g vleis. Maak die sakkie oop en voeg die uie, seldery en suurlemoenstukke by. Bind dit weer toe en bak nog 45 minute of tot die vleis sag is.
  3. Sit voor met gebakte aartappels en gestoomde groen groente.