Monday 15 September 2014

Smoorsnoek




Smoorsnoek
4 porsies

Bestanddele:
2 uie, in ringe gesny
1 e olie
1 e botter
2 aartappels, in blokkies gesny
2 ryp tamaties, geskil en gekap
½ t suiker
? knippie rooipeper
250g gerookte snoek, vel verwyder, ontgraat en gevlok
sout en peper na smaak
? bietjie suurroom
skyfies suurlemoen
gekapte pietersielie
2k gekookte witrys

Metode:
1. Soteer die uie in die olie en botter.
2. Voeg die aartappels by en roerbraai dit tot goudbruin.
3. Voeg die tamaties, suiker en rooipeper by. Prut dit stadig totdat die aartappels gaar is.
4. Voeg die snoek by. Verhit dit terwyl alles geroer word.
5. Geur die vis met die sout en peper.
6. Roer ? bietjie suurroom by.
7. Garneer dit met skyfies suurlemoen en gekapte pietersielie.
8. Bedien op witrys.

Wenk: Smoorvis is net so lekker koud en jy kan die oorskiet die volgende oggend met ? bietjie mayonnaise op ? broodjie eet.