Monday 15 September 2014

Kerrie en rys




Kerrie en rys
Vir 5 kg vleis gebruik 2 kg rys.

Bestanddele:

5 kg maalvleis
2 kg pak gevriesde gemengde groente
2 k pitlose rosyne
¼ t naeltjies
½ t koljander
1 k asyn
1¼ k appelkooskonfyt
6 e kerriepoeier “Mild” (afgeskraap)
½ k olie
1 t mosterd
1 klein blikkie tamatiepasta (115 g)
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Braai uie.
2. Voeg maalvleis by.
3. Prut vir 15 minute.
4. Voeg groente by.
5. Roer geurmiddels in en prut vir 30 minute.
6. Voeg tamatiepasta en rosyne by en kook goed deur.