Monday 15 September 2014

Koolslaai,appel, wortel




Koolslaai,appel, wortel
1 klein kopkool, die stronk verwyder en die kool fyn gekerf (wit of rooi, of 'n kombinasie)
120 mℓ Franse slaaisous
sout
peper
1 appel, ontpit en in skyfies gesny
1 wortel, gerasper
fyngekapte vars pietersielie

Meng al die bestanddele behalwe die pietersielie.
Maak dit toe in 'n bak en laat vir 3 uur lank staan in die yskas voor jy dit bedien.

Skep in 'n slaaibak en strooi pietersielie oor wanneer jy dit bedien.