Wednesday 17 September 2014

Aartappel-omelet met kaas




Aartappel-omelet met kaas
Bestanddele
◦1 e olie
◦2 koppies fyngekerfde uie
◦230 g dungesnyde baba-aartappels
◦Sout
◦6 eiers
◦2 eierwitte
◦1 koppie gerasperde Cheddar
1.Verhit 1 e olie op medium in ’n kleefvrye pan. Voeg 2 koppies fyngekerfde uie, 230 g dungesnyde baba-aartappels en ’n knippie sout by. Bedek; braai vir 10 minute tot sag, roer.
2.Meng 6 eiers, 2 eierwitte, ½ koppie gerasperde Cheddar en ¼ teelepel sout saam in ’n mengbak.
3.Voeg die aartappelmengsel by en gooi dit in die pan. Bak op medium-lae hitte vir 10 minute of totdat die onderkant goudbruin is, druk die kante na binne toe wanneer dit begin stol.
4.Keer ’n bord oor die pan om en draai dit om. Laat gly die omelet in die pan terug met die ongebakte gedeelte na onder. Strooi ½ koppie gerasperde kaas oor. Bedek, bak vir 4 minute of tot die mengsel stol.