Tuesday 2 September 2014

Macaroni-en-kaas




Macaroni-en-kaas
MACARONI 2 L water
2 t (10 ml) sout
5 t (25 ml) olie
½ pak (250 g) macaroni
WITSOUS
¼ k (60 ml) botter
¼ k (60 ml) koekmeel
2¼ k (560 ml) warm melk (sien wenk)
200 g beleë cheddarkaas, gerasper
1 ruim t (6 ml) sout
1 t (5 ml) peper
2 t (10 ml) klaar mosterd (sien wenk)
½ k (125 ml) droë broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.

STAP 1 MACARONI

Verhit die water, sout en olie in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
Voeg die macaroni by en kook 15 – 20 minute tot gaar, maar nog effens ferm wanneer daaraan gebyt word.
Dit moenie pap gekook word nie.
Dreineer die water met ’n vergiettes of sif en hou die macaroni eenkant.
STAP 2 WITSOUS
Die witsous kan gemaak word terwyl die pasta kook.
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof, voeg die koekmeel by en roer tot glad.
Roer die botter-enmeelmengsel nog 2 minute oor lae hitte.
STAP 3
Roer die warm melk geleidelik by terwyl gedurig geroer word.
Laat die mengsel 3 minute prut (dit moet skaars borrel) of tot die sous dik is.
Roer net af en toe.

STAP 4

Verwyder die sous van die stoof.
Voeg die helfte van die kaas, sout en peper en mosterd (indien gebruik) by en roer tot die kaas gesmelt is.
STAP 5
Skep die gaar macaroni in die voorbereide oondvaste bak en giet die witsous oor.
Sprinkel die res van die cheddarkaas oor en daarna die broodkrummels.
STAP 6
Bak die macaroni-en-kaas sowat 25 – 30 minute tot goudbruin bo-op.
Sit saam met ’n groenslaai voor.
Genoeg vir 6 – 8 mense.