Tuesday 2 September 2014

Gebakte pasta met kaas en wors




Gebakte pasta met kaas en wors

Genoeg vir 4
BESTANDDELE
1 Knorr Sour cream and mushroom pasta en sous
30 ml margarien
150 ml melk
310 ml water
125 ml bevrore gemengde groete
400 g gerookte worsies, gesny (soos viennas, kaas-grillers of frankfurters)
125 ml gerasperde cheddarkaas
METODE
Berei die pasta en sous voor met die margarien, melk en water, volgens die pakkie se instruksies. Roer die gemengde groente en gesnyde worsies by. Plaas in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 10 minute teen 180°C. Haal uit oond, strooi kaas oor en bak vir ’n verdere 5 minute.