Tuesday 2 September 2014

Blitspasta




Blitspasta
Genoeg vir 4
Die sous
 2 eiergele
 45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan of pecorino
 gerasperde skil van 2 suurlemoene
 uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
 2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
 2 ansjovisfilette, fyn gekap
Skep bo-op
 1 chorizo-worsie van 250 g, oorlangs in skywe gesny of 250 g spek (in blokkiesgesny)
 200 g (sowat 2 hande vol) kersietamaties
’n hand vol vars basiliekruidblare
 500 g pasta
 1 Meng die bestanddele vir die sous goed saam, hou eenkant.
 2 Braai die chorizo tot bros en voeg ná ’n rukkie die tamaties by - braai tot hulle begin oopbars, hou eenkant.
 3 Kook die pasta in ’n groot kastrol volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer wanneer gaar maar behou 45 ml (3 e) van die kookwater waarin dit gekook is.
 4 Skep die pasta in die warm kastrol terug en hou op die stoof terwyl jy die sous deur die warm pasta roer. Voeg die res van die water by.
 5 Verdeel die pasta tussen 4 bakkies.
 6 Skep die worsies en tamaties oor. Strooi laastens ’n paar basiliekruidblaartjies oor en rasper nog parmesaan bo-oor.