Wednesday 17 September 2014

Baksakkie-tamatievleis




Baksakkie-tamatievleis
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min....
Gaarmaak: 45-50 min.

KRUIEMEEL
250 ml (1 k) koekmeel
15 ml (1 e) knoffel-enkruiespeserye
15 ml (1 e) gedroogde origanum
VLEIS
750 g bees-potjiekosvleis
sout en peper
2 uie, in stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekap
paar takkies vars tiemie
1 x 410 g-blik-kersietamaties
80 ml ( k) tamatiesous
10 g vars basilie
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Kruiemeel Meng al die bestanddele.
2.Vleis Geur die vleis met die sout en peper en rol dit in die kruiemeel. Skud die oortollige meel af. Skud ’n bietjie van die meel in ’n groot baksakkie.
3.Sit die baksakkie op ’n groot bakplaat en pak die uie en knoffel in die sakkie. Pak die vleis en tiemie bo-op.
4.Meng die tamaties en tamatiesous en giet oor die vleis. Maak die sakkie toe volgens die aanwysings op die verpakking en oondbak 45-50 min. of tot die vleis sag is.
5.Skep uit die sakkie, sprinkel die basilie oor en sit saam met geskeurde stukke ciabatta voor.