Wednesday 17 September 2014

Baksakkie-hoender




Baksakkie-hoender
6 hoenderporsies
30 ml (2 e) cajun-speserye
sout en peper
10 ml (2 t) olyfolie...
5 ml (1 t) meel
8 babawortels
8 babauitjies, gehalveer

8 baba-aartappels
’n paar takkies vars tiemie
Verhit die oond tot 180 °C.
1.Geur die hoender met die speserye, sout en peper en besprinkel met die olie. Gooi die meel in ’n groot baksakkie.
2.Pak die wortels, uie, aartappels en tiemie in die baksakkie en skud goed.
3.Pak die hoender op die groente in die sakkie.
4.Bind toe, plaas op ’n bakplaat en bak 40-45 minute tot gaar.
5.Sit voor saam met slaai.