Wednesday 17 September 2014

Koekies en Cream se Malvalekkers




Koekies en Cream se Malvalekkers

 



Bestanddele
4 koppies suiker
1 koppie water
12 velle gelatien
2 koppies water
3 ml sout
10 ml vanieljegeursel
Geure:
1. Sjokolade rosyntjies & gekapde amandel
2. Bloubessie gems & pienk kleursel
3. Vanieljegeursel, rooifluweelkoek, botterroom versiersel & versiersuiker {vir garnering}

Metode
Plaas ‘n kastrol op ‘n medium-hitte plaat.
Gooi 1 koppie water in die kastrol en los suiker daarin op.
In ‘n aparte bakkie, week 12 velle gelatien in 2 koppies water vir ongeveer 8 minute. Druk dan die water uit en plaas in die mikrogolf vir ongeveer 3 minute tot gesmelt.
Sodra die water in die kastrol begin borrel, laat dit vir ongeveer 5 minute kook totdat die mengsel ‘n strooptekstuur aanneem.
Klits die gesmelte gelatien terwyl jy die stroopmengsel stadig byvoeg. Klits vir ongeveer 5 minute en voeg sout en vanieljegeursel by.
Klits nou die stroopmengsel vir nog 10 - 15 minute tot afgekoel.
As jy die drie verskillende geure wil maak, verdeel jou mengsel in drie, voeg geure/vulsels by elkeen afsonderlik of indien jy net vanielje malvalakkers wil hê, hou mengsel soos dit is.
Gooi die afgekoelde mengsel in ‘n vierkantige pan wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is en plaas in die yskas totdat lekkers geset is.
Sny die lekkers in blokkies.
*Vir die rooifluweelmalvalekker sal jy eers ‘n rooifluweelkoek moet bak, ‘n vorm uitdruk van jou keuse, versier met botterroom bo-op en laastens strooi met versiersuiker. (Sien foto by www.koekiesencream.blogspot.com vir voorbeeld)