Friday 29 August 2014

Klapper-en wortelkoek met pynappel-roomkaasversiering




Klapper-en wortelkoek met pynappel-roomkaasversiering
Jy het nodig
Vir die koek:
1k meel
1¼t bak­poeier
¼t sout
85g sagte botter
¾ koppie (180ml) suiker
2 eiers
1½t vanieljegeursel
½k klappermelk
1k gerasperde wortel
½k fyn klapper plus ekstra vir versiering
Vir die versiersel:
1 houertjie roomkaas
1 pak versiersuiker
90 botter, gesmelt
5ml vanieljegeursel
1 blik pynappelstukke, gedreineer
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer of bespuit ’n diep, ronde koekpan van sowat 20cm in deursnee met kleefwerende kossproei en voer die bodem uit met bakpapier.
2. Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
3. Verroom die botter en die suiker met ’n elektriese klitser tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanieljegeursel by.
4. Voeg die meel en klappermelk beurtelings by die eiermengsel en klits tot goed gemeng.
5. Roer die wortel en die klapper by tot net gemeng.
6. Skep die deeg in die voorbereide pan en bak 30-40 minute of tot gaar (toets met ’n toetspen).
7. Laat die koek so 20 minute in die pan afkoel. Keer dan uit en laat staan op ’n draadrak om heeltemal af te koel voor jy dit versier.
8. Maak solank die versiering: Plaas die roomkaas in die bak van jou elektriese menger.
Klits ’n kort rukkie tot glad. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng.
Klits die botter en vanieljegeursel by en klits ’n paar minute tot lig en donsig. Plaas die versiersel so 15 minute in die yskas as dit te loperig is. Versier dan die koek, skep van die pynappelstukke bo-op en sprinkel klapper oor die hele koek.