Tuesday 2 September 2014

Kaasspekbrood



Kaasspekbrood
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Baktyd: 40 min.
310 ml (1¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
4 sprietuie, fyngekap
350 g cheddarkaas, gerasper
125 g spek, gekap
4 eiers
sout en peper
10 ml (2 t) soetrissiesous
5 ml (1 t) olie
60 ml (¼ k) karringmelk
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
  2. Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
  3. Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
  4. Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
  5. Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.