Thursday 28 August 2014

Blitsblatjang in die mikrogolf




Blitsblatjang in die mikrogolf
Roer die blatjang aan die begin omtrent elke minuut sodat die suiker heeltemal opgelos het voor die mengsel begin kook. Dit keer dat die mengsel sandsuiker word.
Lewer sowat 300 ml
 Bereiding: 30 minute
 Gaarmaaktyd: 15-20 minute
200 g mango, in blokkies gesny
 1 ui, in blokkies gesny
 125 ml (½ k) witwynasyn
 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
 2 ml (½ t) masala
 3 ml (ruim ½ t) borrie
 2 knoffelhuisies, fyn gekap
 1 kaneelstokkie
1.Plaas al die bestanddele in ’n glasbak geskik vir die mikrogolfoond.
2.Mikrogolf die mengsel sowat 20 minute. Roer die mengsel elke 5 minute. As jy die blatjang te lank kook, word dit taai en stroperig. Giet ’n bietjie water by en roer tot die water in die stroop opgelos het.
3.Skep die blatjang in ’n gesteriliseerde bottel met ’n deksel en verseël.