Wednesday 27 August 2014

Meellose sjokolade-kerskoek




Meellose sjokolade-kerskoek

Ryk en dekadent. Gebruik goeie sjokolade met meer as 70% kakao om die suikerinhoud laag te hou Die koek bak baie lank en stol verder in die yskas.
Genoeg Vir 12
• 450 g 70%-donkersjokolade, gekap
• 450 g (490 ml) botter
• 250 ml koffie
• 200 g (250 ml) bruinsuiker
• 8 eiers
Versiersel
• 100 g 70%-donkersjokolade
• 125 ml room
• 24 sjokoladeblare (sien wenk)
• 125 g frambose
Verhit oond tot 180 °C. Smelt sjokolade en botter saam in bak oor pot met kookwater – die bak moenie aan die water raak nie. Klits koffie, suiker en eiers saam. Terwyl jy klits, gooi sjokolademengsel by tot gladde beslag vorm. Voer ’n 30 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan en bak 45 – 60 minute of tot koek gestol het. Haal uit oond en laat effens afkoel. Plaas in yskas tot heeltemal gestol. Keer koek uit pan.Versiersel Smelt sjokolade en room en laat afkoel tot net voor mengsel stol. Gooi oor koek. Plak sjokoladeblare aan kant van koek en pak frambose bo-op. Sit voor.