Wednesday 23 July 2014

Brei die drasak




Brei dié mooi drasak

Grootte
Breedte 45 cm en hoogte 36 cm.

Die aanwysings is net vir een grootte.

Jy benodig
• 4 x 100 g-bolle Elle Pure Gold Chunky in Titanium kleur no. 201
• 5 mm-sirkelbreipen, lengte 60 cm

Spanning
20 ste en 34 rye = 10 cm oor lussteek met 5 mm-penne.

LET WEL Vir die beste resultaat is dit noodsaaklik om die regte spanning te verkry. As daar te min steke in jou toetsmonster is, gebruik dunner penne; as daar te veel steke is, gebruik dikker penne.

Afkortings
aw                    aweregs
gl 1 aw             glip een steek aweregs
her                   herhaal
pat                   patroon
r                       regs
rdte(s)              rondte(s)
st(e)                 steek(steke)
VK                  verkeerde kant
vlg                   volgende

So maak jy
Stel 180 ste op met ’n 5 mm- sirkelbreipen.
1e rdte:
Met VK na voor, aw.
2e rdte:
(R 1, gl 1 aw) tot einde.
Her dié 2 rdtes tot werk 26 cm lank is, eindig met 1e rdte van pat.
Aw 6 rdtes.

Handvatsels
Vlg rdte:
Aw 30, heg 30 ste af, aw 60, heg 30 ste af, aw tot einde.
Vlg rdte:
Aw 30, stel 30 ste op, aw 60, stel 30 ste op, aw tot einde.
Aw nog 6 rdtes en heg dan af.

Afwerking
Werk die opstelrand toe vir die onderste naat en dop dit na die regte kant om.

LET WEL Tensy die regte breidraad gebruik word, kan ons nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
(Idees)