Thursday 5 June 2014

Tannie Poppie Coetzer se souskluitjies




Tannie Poppie Coetzer se souskluitjies
genoeg vir 6 – 8
1½ liter water
300 g (375 ml) suiker
15 ml botter...
5 ml fyn kaneel
280 g (500 ml) koekmeel
15 ml bakpoeier • 1 ml sout

30 ml ongesoute botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
Verhit oond tot 260 °C of die hoogste stelling op jou oond. Gooi die water, suiker, botter en kaneel in ’n plat kastrol. Bring tot kookpunt en roer tot suiker opgelos het. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Vryf die botter in met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eiers en melk saam en voeg by droë bestanddele. Maak aan tot deeg. Skep eetlepelsvol deeg in warm stroop in die kastrol en maak kastrol toe met deksel. Plaas in warm oond en bak 40 minute. Haal uit en sit warm voor.
Poppie se wenk Ek gebruik altyd ongesoute botter, want botter met sout maak vir my ’n gereg net souter.