Wednesday 18 June 2014

Piesang-en-uieslaai



Piesang-en-uieslaai

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20-30 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

20 ml (4 t) botter
3 uie, in ringe gesny
750 ml (3 k) kookwater
30 ml (2 e) koekmeel
30 ml (2 e) geroosterde kerriepoeier
5 ml (1 t) mosterdpoeier
125 ml (½ k) water
125 ml (½ k) witwynasyn
3 ml (ruim ½ t) sout
3 ml (ruim ½ t) peper
45 ml (3 e) bruinsuiker of 50 ml gouestroop
8 piesangs
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny (opsioneel)
  1. Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag. Voeg die kookwater by.
  2. Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie. Roer gedurig tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel.
  3. Sny die piesangs in skyfies en voeg by sous.
  4. Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.