Wednesday 18 June 2014

Koshuis-poeding



Koshuis-poeding

Baie kinders het met hierdie poeding grootgeword, veral die koshuisbrakke. Daar is baie variasies – jy kan verskillende beskuitjies gebruik, neute oorstrooi, en dies meer. Die resep is die skoon doek waarop jy kan begin verf en met jou eie idees vorendag kom.

Jy het nodig (vir 8 porsies):

  • 1 x 500 ml-houer langlewevla
  • 1 x 200 g-pak Mariebeskuitjies
  • ½ koppie appelkooskonfyt of Treat-karamelkondensmelk
  • sjokoladestokkies of gekrummelde sjokolade vir versiering

Dan maak jy só:

  • Verhit die vla in ’n kastrolletjie tot baie warm.
  • Plak die be-skuitjies twee-twee aan mekaar vas met die appelkooskonfyt of kondensmelk en pak dit in ’n plat bak, wat diep genoeg is om twee of drie lae koekies in te pak.
  • Jy kan dit ook in indi-viduele bakkies pak. 
  • Gooi warm vla oor die eerste laag koekies, pak nog ’n laag koekies en gooi die res van die vla oor.
  • Laat staan die poeding vir ongeveer ’n halfuur sodat die beskuitjies kan sag raak voor jy dit voorsit.
  • Versier dit met sjokoladestokkies of gekrummelde sjokolade.
(Weg)