Friday 13 June 2014

Malvatert




Malvatert
Bestanddele
1 pakkie tennisbeskuitjies
 125 ml suurlemoensap
 1 blik Nestlé room
 500 g malvalekkers
 1 blik kondensmelk
 1 blik pynappelstukke gedreineer (opsioneel)
 Versiering: Geklopte room en malvalekkers (opsioneel)
Instruksies
1. Klop Suurlemoensap, room en kondensmelk saam.
 2. Meng gesnipperde malvalekkers en pynappel in.
 3. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies onderin ‘n tertbak.
 4. Gooi die malvalekkermengsel oor die beskuitjies en krummel ‘n paar tennisbeskuitjites bo-oor.
Wenk: Jy kan ook geklopte room bo-oor skep en dit met malvalekker-blomme versier.