Friday 13 June 2014

Cremora Tert




Cremora Tert

Bestanddele
KORS:
 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyngemaak
 100 mℓ gesmelte botter (margarien is destyds gebruk)
VULSEL:
 1 pak (250 g) Cremora-koffieverromer
 125 ml (1/2 koppie) kookwater
 1 blik (397 g) kondensmelk
 125 ml (1/2 k) suurlemoensap
 Opsioneel: Vars vrugte en jellie as bo-laag.
Instruksies
Meng die beskuitjies en die gesmelte botter goed en druk in ‘n 23 cm tertbord
 vas. Verkoel die tertkors.
 Los die koffieverromer in die kookwater op en laat afkoel. Klits die kondensmelk en
 suurlemoensap saam. Voeg die opgeloste Cremora by en klits tot dik,
 romerig en wit. Skep die vulsel in die voorbereide kors en verkoel tot
 stewig.
 Wenk: Die tert kan versier word met vars vrugte in jellie soos op die foto aangedui, met koekiekrummels oor, met geklopte room of net so.