Wednesday 18 June 2014

Beensop




Beensop
Lewer 8 groot porsies.
1 kg beesskenkels met baie vleis aan, in 4 cm dik skywe gesaag
1 kg murgbene (sonder vleis en vet), in skywe gesaag
 50 ml olie
 5 L water
 2 uie, gehalveer en in dik skywe gesny
 2 selderystingels, met blare, gewas, gehaar en grof gekap
 4 geelwortels, geskil en in dik skywe gesny
 1 – 2 rape, geskil, in kwarte gesny en met suurlemoensap bedek
 6 kruienaeltjies
 1 klein stukkie pypkaneel
 2 – 3 lourierblare
 6 takkies pietersielie, goed gewas
 6 wonderpeperkorrels
 15 ml swartpeperkorrels
 sout na smaak
Vee die skenkels skoon af en maak seker daar is geen saagsels aan die bene en vleis nie.
Verhit water in ’n groot kastrol tot kookpunt.
Skep die vleis en bene daarin, verhit weer tot kookpunt en skep uit.
Druk die skenkels en bene droog met ’n skoon vadoek.
Gooi die blansjeerwater weg.
Verhit die olie in ’n groot ysterpot of sopkastrol en braai die skenkels aan weerskante lank en stadig oor matige hitte tot bruin.
Skep uit en giet die oortollige vet af.
Giet 250 ml van die water in die kastrol waarin die vleis gebraai is en roerskraap sodat al die vaste deeltjies op die boom oplos.
Skep die skenkels en murgbene in die kastrol terug en voeg die res van die water by.
Verhit tot kookpunt en skep die skuim af.
Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig 2 – 3 uur onbedek prut.
Vul die water aan indien nodig.
Die skenkelvleis behoort nou sag te wees en die sop moet ’n geurige vleissmaak hê.
Geur met meer sout en peper indien nodig.
Verwyder die murgbene en skep die murg versigtig uit.