Friday 13 June 2014

Indiese Lensiesop (Dhal)




Indiese Lensiesop (Dhal)

1 t Komynsade
1 t Mosterdsade
‘n Paar Kerrieblare
Olyfolie
1 Ui, gekap
3 Knoffelhuisies, gekap
4cm stuk gemmer
1 t Kerriepasta
1T gemaalde Borrie
1T Komyn & Koljanderpoeier
1 ½ K gemengde lensies
6 Koppies water
Sout na smaak
Sap van 1 suurlemoen
‘n Handvol koriander, gekap

• Verhit die pot, gooi die komyn- en mosterdsade by gevolg deur die kerrieblare.
• Voeg die olyfolie na ‘n minuut of wat by, roer totdat die sade bedek is. Voeg dan die uie, knoffel en gemmer by, roer goed en voeg die kerriepasta by. Kook oor ‘n lae hitte totdat die uie sag is en die kerriepasta deurgekook het. Voeg nou die gemaalde Komyn & Koljander by tesame met die Borrie, roer en kook vir omtrent n minuut.
• Voeg die lensies by, roer goed en voeg dan die aftreksel by. Verhoog die hitte totdat dit kookpunt bereik en verlaag dan weer tot ‘n matige prut.
• Prut totdat die lensies sag is.
• Geur na smaak met die sout en voeg dan die suurlemoensap en gekapte koriander by.
• Bedien met ongegeurde joghurt.