Friday 13 June 2014

Hoender- en Kasjoeneutkerrie




Hoender- en Kasjoeneutkerrie
Kasjoeneutpasta:
1 koppie kasjoeneute, liggies gerooster
1 ui, geskil en gekap
4 knoffelhuisies, geskil en gekap
‘n Duimgrootte stukkie gemmer, geskil en gerasper
1 sakkie tamatiepuree
1 koppie ongegeurde joghurt
1 t masalapasta
Vir die kerrie:
1 t Komynsade
1 t swart mosterdsaadjies
1 t borriepoeier
2 t gemaalde komyn en koriander
3 E olyfolie
5 hoenderborsfilette in blokkies gesny
200 gr. Sampioene, gekap
1 blikkie klapperroom

Om die kasjoeneutpasta te maak: Plaas al die bestanddele vir die pasta in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n growwe pasta.
• Plaas die pasta in ‘n medium pot en verminder oor ‘n lae hitte totdat dit begin verdik. Maak seker dat die hitte baie laag is aangesien die mengsel maklik brand.
• Verwyder vanaf die hitte sodra die mengsel verminder het. Laat afkoel, gooi in ‘n houer en verkoel in die yskas tot benodig.
Om die kerrie te maak: Plaas ‘n medium pot op die hitte. Voeg die komynsade en mosterdsade in die pot en rooster droog vir ‘n paar sekondes. Voeg nou die verpoeierde borrie en komyn by. Laat toe om te rooster totdat geurig, maar maak seker dat die speserye nie brand nie.
• Voeg nou die olyfolie by die geroosterde speserye en laat toe om al die speserye te bedek. Indien die hitte te hoog is, verlaag na medium en verwyder die pot om effens af te koel. Plaas dan terug op die hitte.
• Plaas die hoenderstukke en gekapte sampioene in die pot en kook vir ‘n paar minute totdat dit liggies verbruin.
• Voeg twee tot drie eetlepels van die kasjoeneutpasta by die hoenderstukke en roer. Voeg dan die klappermelk by en roer totdat al die bestanddele goed gemeng is. Verlaag die hitte en prut totdat die sous heelwat verminder het. Begin solank die rys voorberei terwyl die kerrie verminder.
• Geur met sout en ‘n skeut suurlemoensap. Plaas die deksel op die pot en verwyder van die hitte.
• Bedien met geurige rys en vars koriander.