Friday 13 June 2014

Driehoek Maaskaas-vrieskastert




Driehoek Maaskaas-vrieskastert
Bestanddele
1 koppie margarine
 1 houer gladde maaskaas
 1 eier
 ½ koppie suiker
 2 pakke Tennisbeskuitjies
 Glanskersies
 Versiersuiker
 Kakao
Instruksies
1. Smelt die helfte van die margarine oor lae hitte tot net gesmelt. Verwyder van die stoof en voeg die ander helfte by. Roer tot alles gesmelt is.
 2. Klits ‘n knippie sout, margarine, maaskaas, suiker en eier tot dik.
 3. Pak tennisbeskuitjies dig teenmekaar in rye van 3 x 3 op tinfoelie.
 4. Smeer helfte van die maaskaasmengsel bo-oor.
 5.Pak nog ‘n laag koekies bo-oor.
 6. Smeer die ander helfte van die maaskaasmengsel bo-oor en pak verglansde kersie in die lengte van die vulsel.
 7. Vou toe in ‘n driehoek en vries tot hard, sowat 2 ure.
 8. Meng versiersuiker en kakao en smeer bo-oor.
 9. Bêre in die vrieskas tot benodig.
Wenke: Die driehoek kan ook versier word met styfgeklopte room wat dan met ‘n gekrummelde Flake bedek word.