Friday 13 June 2014

Peppermint Crisp Tert




Peppermint Crisp Tert
Bestanddele
1 pakkie Tennisbeskuitjies
 1 blikkie gekookte kondensmelk (“Caramel treat’)
250ml room, of ‘n blikkie dessert-room (koud uit die yskas uit)
 100g Peppermint Crisp sjokolade, gerasper, maar nie te fyn nie
Instruksies
Klits room styf en meng dit met die gekookte kondensmelk (karamel).
 Voer ‘n glasbak se bodem met tennisbeskuitjies uit.
 Skep ‘n lagie room-karamel mengsel oor die koekies. Rasper Peppermint Crisp oor, pak weer ‘n laag koekies en eindig met die room-karamelmengsel.
Rasper Peppermint crisp oor en gebruik groot krulle om te versier.
 Verkoel tot heeltemal gestol – so 2-3 ure.
 Wenk: ‘Digestive’ beskuitjies kan ook vir die kors gebruik word. Maak dit fyn en meng met gesmelte botter en druk op die bodem van die tertbak vas. Verkoel die kors voordat jy die vulsels insit.