Thursday 22 May 2014

Suurlemoen-en-kondensmelk-yskastert



Suurlemoen-en-kondensmelk-yskastert
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd:
20 minute

• 1 pakkie suurlemoenjellie
• 7,5 ml gelatien
• 250 ml warm water
• 400 ml room
• 1 blik kondensmelk
• 1 pakkie tennis-koekies, fyngedruk
• 80 ml vars suurlemoen- of lemmetjiesap
• ekstra geklopte room en vrugte om voor te sit

1 Los die jellie en gelatien op in die warm water. Laat eenkant afkoel.

2 Klop die room styf. Meng ’n lepel vol room by die kondensmelk en vou dan die kondensmelk by die room in.

3 Sprinkel die helfte van die fyngedrukte koekies in ’n vlak bak.

4 Roer die suurlemoen- of lemmetjiesap by die jelliemengsel. Roer ’n bietjie van die roommengsel by die jelliemengsel, en vou dan die twee saam. Skep die helfte van die mengsel op die koekies en herhaal dan die twee lae. Sit in die yskas om te stol. Sit voor met ekstra geklopte room en vrugte van jou keuse.